Sokker: Banyana kry lof oor Ivoorkus

Loading player...
Die regering het Banyana Banyana geprys vir hul moed, vasberadenheid en veggees ná hul Wafcon 2026-wedstryd teen die Ivoorkus. Die adjunkwoordvoerder, William Baloyi, sê die span het deursettingsvermoë, moed en onwrikbare toewyding getoon toe hulle teruggeveg het om die telling gelyk te maak. Hy sê Suid-Afrika het 'n trotse nalatenskap van sportuitnemendheid opgebou en Banyana Banyana se sukses en mededingendheid vorm deel van dié nalatenskap:
2 Aug 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Stoeifederasie vra steun vir Ester Abraham by Sporttoekennings

Die Namibiese Stoeifederasie doen 'n beroep op almal om die stoeier Ester Abraham te ondersteun deur vir haar te stem in die 2026 Sporttoekennings, wat op 14 November plaasvind. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die sekretaris-generaal van die federasie, Anke Erasmus, sportlieghebbers aangemoedig om saam te staan…
9 Nov 4AM 1 min

Motorsport: Norris wen in São Paulo, Mercedes kroon kampioen

Die McLaren-renjaer Lando Norris het ná ʼn teleurstellende wegspring in nat toestande herstel en die Brasiliaanse Formule Een Grand Prix in São Paulo gewen. Max Verstappen, wat in die 21ste plek weggespring het, was tweede en sy Red Bull-spanmaat Isack Hadjar derde. gevolg deur George Russell en die nuwe wêreldkampioen,…
9 Nov 4AM 1 min

Verdagte vas ná moord op oud-Knysna-burgemeester

Die taakspan oor politieke moorde het ʼn 44-jarige vermeende sluipmoordenaar gearresteer in verband met die moord op die voormalige burgemeester van Knysna, Aubrey Tsengwa. Hy is in Augustus in Joodsekamp, Knysna, doodgeskiet terwyl hy saam met drie ander, wat die aanval oorleef het, op pad was huis toe. Nog drie…
9 Nov 4AM 1 min

Ramaphosa sê SA het weer die krag van sy demokrasie getoon

Die Suid Afrikaanse president Cyril Ramaphosa sê die plaaslikeregeringsverkiesing bewys die volgehoue krag van Suid-Afrika se demokrasie en soewereine reg van burgers om hul verteenwoordigers te kies. Altesaam 14,9-miljoen mense het in die verkiesing gestem, waar die ANC nasionaal die meeste stemme gekry het. Ramaphosa het gisteraand in sy toespraak…
9 Nov 3AM 1 min

UNAM waarsku oor gaping tussen gegradueerdes se vaardighede en werkseise

Unam se hoof van ekonomie, Muine Samahiya, het herhaal daar is 'n groeiende gaping tussen vaardighede waarmee gegradueerdes die arbeidsmark betree en dit wat werkgewers vereis. Hy sê opleiding fokus steeds grootliks op tradisionele studierigtings, ondanks die toenemende vraag na vaardighede in die olie-, gas-, hernubare energie- en digitale sektore…
9 Nov 3AM 1 min