
Verdagte vas ná moord op oud-Knysna-burgemeester
Loading player...
Die taakspan oor politieke moorde het ʼn 44-jarige vermeende sluipmoordenaar gearresteer in verband met die moord op die voormalige burgemeester van Knysna, Aubrey Tsengwa. Hy is in Augustus in Joodsekamp, Knysna, doodgeskiet terwyl hy saam met drie ander, wat die aanval oorleef het, op pad was huis toe. Nog drie verdagtes is dae na die moord vasgetrek. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die vermeende sluipmoordenaar verskyn vandag in die Knysna-landdroshof:

