
Eenhana en Duitsland span kragte saam vir plaaslike ontwikkeling
Loading player...
Eenhana en Duitsland se Salzland-distrik het ’n vennootskap aangegaan om samewerking op verskeie gebiede te bevorder. Die ooreenkoms fokus onder meer op onderwys, sport, beroepsopleiding en gemeenskapsontwikkeling, met die uitruil van kennis, vaardighede en tegnologie as belangrike doelwitte. Die Duitse afvaardiging het tydens die besoek ook meer oor Ohangwena se ekonomiese potensiaal, ontwikkelingsprioriteite en plaaslike uitdagings geleer. Eenhana se burgemeester, Omri-Onn Kavandje, sê die vennootskap is ’n geleentheid om die streek se uitdagings en geleenthede aan potensiële Duitse vennote bekend te stel.

