
Motorsport: Norris wen in São Paulo, Mercedes kroon kampioen
Loading player...
Die McLaren-renjaer Lando Norris het ná ʼn teleurstellende wegspring in nat toestande herstel en die Brasiliaanse Formule Een Grand Prix in São Paulo gewen. Max Verstappen, wat in die 21ste plek weggespring het, was tweede en sy Red Bull-spanmaat Isack Hadjar derde. gevolg deur George Russell en die nuwe wêreldkampioen, Kimi Antonelli. Mercedes het die vervaardigerskampioenskap die negende keer beklink, wat die rekord ewenaar. Mercedes se spanhoof, Toto Wolff, is trots op hulle prestasie:

