
Ramaphosa sê SA het weer die krag van sy demokrasie getoon
Loading player...
Die Suid Afrikaanse president Cyril Ramaphosa sê die plaaslikeregeringsverkiesing bewys die volgehoue krag van Suid-Afrika se demokrasie en soewereine reg van burgers om hul verteenwoordigers te kies. Altesaam 14,9-miljoen mense het in die verkiesing gestem, waar die ANC nasionaal die meeste stemme gekry het. Ramaphosa het gisteraand in sy toespraak ná die verklaring van die finale verkiesingsuitslag in Gauteng, die inkomende raadslede gevra om hul verantwoordelikhede na te kom en gemeenskappe te dien:

