Die bloed het in Windhoek geloop op die eerste naweek van die maand, met COPPS 94.1 se gemeenskapspolisiëringspatrollie wat na meer as een beweerde aanranding uitgeroep is. In een geval het inwoners blykbaar die reg in eie hande geneem en ‘n verdagte lelik gekarnuffel. Francois Lottering was daar.
Motorsport: Die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen, Lewis Hamilton van Brittanje, sê ʼn broodnodige ontmoeting moet nog plaasvind tussen hom en sy Ferrari-spanmaat, Charles Leclerc van Monaco, ná verlede naweek se voorval tydens die Mexikostadse Grand Prix. Hulle het in die eerste ronde gebots, wat die span ʼn moontlike eerste en tweede…
Die landbouministerie wil plaaslike owerhede meer betrek by pogings om die probleem van loslopende vee in stedelike gebiede en langs paaie hok te slaan. Woordvoerder Romeo Muyunda sê verskeie munisipaliteite beplan om toegewyde skutgeriewe op te rig waar rondloperdiere veilig aangehou kan word.
Arbeidskenner Herbert Jauch ondersteun justisieminister Wise Immanuel se frustrasie oor die langdurige vertraging in die hervorming van arbeidswetgewing. Hy skryf die dooiepunt toe aan botsende belange tussen vakbonde en werkgewers binne die betrokke adviesraad. Jauch sê dit sal politieke wil van die minister verg om die proses aan die gang…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.