Woord vir Vandag - 31 Aug 2026

Loading player...
“Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.” Galasiërs 6:9 NLV
Hou aan
Van die wêreld se suksesvolste mense is deur sogenaamde kenners meegedeel dat hulle nie sukses in die beroepe wat hulle gekies het, sal behaal nie. In 1927 het ‘n instrukteur by die John Murray Anderson Dramaskool vir Lucille Ball gesê: ‘Probeer eerder enige ander beroep. Enige ander een.’ Universal Pictures het beide Clint Eastwood en Burt Reynolds van die hand gewys en gesê dat Reynolds geen talent het nie en dat Eastwood te stadig praat. Malcolm Forbes, die voormalige hoofredakteur van die Forbes-tydskrif, kon nie daarin slaag om deel van sy skoolkoerant se redaksie te word toe hy ‘n voorgraadse student aan Princeton Universiteit was nie. Bestuurders van die Decca Recording Company het negatief op die oudisie van vier jong musikante gereageer en gesê: ‘Ons hou nie van hul klank nie. Groepe met kitare is uit die mode uit.’ Gevolglik het die Beatles hul klank elders geneem. Vir sewe jaar lank het ‘n jong uitvinder genaamd Chester Carlson sy idee na twintig verskillende maatskappye geneem, wat hom almal die deur gewys het. Die Haloid Company het uiteindelik die regte op sy elektroniese papierkopieerproses gekoop. Haloid het later Xerox geword. Moenie moedeloos word as jy nie die aanvaarding en sukses wat jy op die oomblik begeer, vind nie. Jou storie word steeds geskryf! Die Bybel sê: ‘Dan sal julle nie geestelik afgestomp raak nie. Inteendeel, julle sal die voorbeeld volg van hulle wat deur hulle geloof en uithouvermoë besig is om te verkry wat God beloof het’ (Hebreërs 6:12 NLV). Geloof en geduld is die twee eienskappe wat sukses sal meebring. Daarom het die apostel Paulus geskryf: ‘Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.’
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min