Woord vir Vandag - 30 Aug 2026

Loading player...
“…Wie is hierdie onbesnede Filistyn...?” 1 Samuel 17:26 NLV
Vertrou in jou verbond met God
Veertien geslagte voordat Dawid teen Goliat geveg het, het God vir Abraham gesê: ‘Ek sal dié seën wat jou seën en dié wat jou vervloek, sal Ek vervloek…’ (Genesis 12:3 NLV). Later het God hierdie verbond na Abraham se nageslag uitgebrei en ‘n sleutelbepaling bygevoeg: ‘Julle moet aan die voorhuid besny word. Dit is ‘n teken dat julle my verbond nakom’ (Genesis 17:11 NLV). Blykbaar het niemand in Saul se leër, insluitend Saul self, onthou dat hulle ‘n verbond met God het nie. Dit het Dawid genoop om te vra: ‘Wie is hierdie onbesnede Filistyn dat hy die leër van die lewendige God so beledig?’ Dawid het met ander woorde gevra: ‘Hoe kan hierdie man, wat geen verbond met God het nie, selfs daaraan dink dat hy ons sal kan oorwin?’ Glo jy dat God deur sy verbond diegene wat in ‘n egte verhouding met Hom is, sal seën, beskerm en voorspoedig maak? As jy aanhou om van die reuse in jou lewe weg te vlug, sal jy nooit die krag van God gemanifesteer sien nie. Het jy geweet dat jy ‘n erfgenaam van dieselfde verbond van seën wat God aan Abraham gegee het, is? ‘Verder, omdat julle aan Christus behoort, ís julle die nageslag van Abraham en dus erfgename van die belofte!’ (Galasiërs 3:29 NLV). Dawid het op ‘n verbond van beskerming wat veertien geslagte oud was en vandag nog steeds geldig is, staatgemaak. Die verhaal van Dawid en Goliat is verteenwoordigend van die vele gevegte wat ons gereeld in die gesig staar: goed oor kwaad en geloof oor vrees. Wat ook al die situasie is, ons kan rus op God se Woord: ‘Want hierdie blye boodskap van ‘n plek van rus wat God vir ons gereedgemaak het, het ons ook ontvang…’ (Hebreërs 4:2 NLV).
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min