Woord vir Vandag - 29 Aug 2026

Loading player...
“Christus het immers tot in die hemel self ingegaan om nou as ons voorspraak voor God te verskyn…” Hebreërs 9:24 NLV
Jesus is in jou hoek (2)
Baie van ons het kleintyd geen idee gehad waarmee ons ouers veertig uur van die week besig was nie. Ons het dalk geweet waar hulle werk, maar ons was nie heeltemal seker wat hulle doen nie. Net so weet die meeste van ons nie regtig wat Jesus heeldag doen nie. Ons gebrek aan heilige vertroue spruit juis uit hierdie feit uit. Wat doen Jesus dan heeldag, elke dag? Hy is besig om jou saak te bepleit. Al wat jy hoef te doen is om die bloed oor jou te pleit. Hierdie frase het in sommige kringe in onbruik verval, deels as gevolg van die verkeerde toepassing daarvan. Kom ons kyk of ons dit kan laat herleef. Om die bloed oor jou te pleit is nie ‘n bygeloof nie. Dit is nie iets ongeoorloofs nie; dit is ‘n bewustheid van jou gesag in Christus. Dit is om te begryp dat jou vergifnis reeds met bloedgeld betaal is. Dit is om vrede met die feit dat ons Satan deur die bloed van die lam oorwin het, te maak (sien Openbaring 12:11). Christus is in jou hoek, wat beteken dat jy die volle steun van die Koning en sy koninkryk het. Sy volle seën - sy volle gesag! Satan wil jou graag daaraan laat twyfel. Onthou jy wat hy vir Eva in die Tuin van Eden gevra het: ‘…Het God regtig gesê…?’ (Genesis 3:1 NLV). As Satan jou sover kan kry om God se goedheid te wantrou, wen hy en jy verloor. Is dit moontlik dat omdat jy terughou wanneer dit by God kom, Hy jou nie dalk ook terughou nie? Lewe voluit met God! As jy Hom nie terughou nie, sal Hy jou vir seker nie terughou nie.
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min