Woord vir Vandag - 28 Aug 2026

Loading player...
“…As iemand egter sonde doen, ons het ‘n Helper by die Vader wat ons saak stel, Jesus Christus, die regverdige.” 1 Johannes 2:1 NLV
Jesus is in jou hoek (1)
Jy ken dalk nie die naam Angelo Dundee nie, maar jy het ongetwyfeld al van die wêreldkampioen-bokser Muhammed Ali gehoor. Vir meer as twee dekades was Angelo letterlik in Muhammed Ali se hoek. Hy was Ali se hoekman! Hy het ook ander wêreldbokskampioene opgelei. Een van die beste beskrywings van Jesus is dat Hy ons hoekman is! ‘…As iemand egter sonde doen, ons het ‘n Helper by die Vader wat ons saak stel, Jesus Christus, die regverdige.’ In sy brief aan Timoteus spoor Paulus ons aan om die goeie stryd te stry (sien 1 Timoteus 6:12). Jy gaan vir seker ‘n keer of twee neergevel word. Jy het egter ‘n hoekman wat self drie rondtes met die dood geveg het. Hy is by die kruis neergevel, maar Hy het drie dae later weer opgestaan. Hy het uit die graf gestap en die stryd teen sonde en die dood gewen. Waar is Hy nou? Hy is aan die regterhand van die Vader en tree vir jou by Hom in. Met ander woorde, Christus is in jou hoek! Hy is ook nie die enigste een nie. Jesus het die Heilige Gees die ‘parákletos’ genoem, wat in Afrikaans as trooster en raadgewer vertaal word. ‘Parakleet’ is ‘n militêre term wat na Romeinse soldate verwys wat rug-aan-rug veg wanneer hulle in ‘n handgeveg betrokke raak. Hulle het sodoende mekaar se blinde kant beskerm. Dit is wat die Heilige Gees doen. Die Heilige Gees beskerm jou rug, en Christus is in jou hoek. Die profeet Jesaja noem Hom ons agterhoede: ‘…die Here trek voor julle uit, en die God van Israel is julle agterhoede’ (Jesaja 52:12 AFR). Jy het nie net een lid van die drie-enige God wat vir jou intree nie - jy het twee!
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min