Woord vir Vandag - 27 Aug 2026

Loading player...
“…beplan alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is.” Filippense 4:8 NLV
Dink goeie gedagtes
Kenners skat dat ons 50 000 tot 70 000 gedagtes per dag het. Ons moet die volgende vier dinge oor ons gedagtes waarneem: 1) Sielkundiges sê dat 98 tot 99 persent van ons gedagtes gewoonte is. Met ander woorde, dit is basies dieselfde gedagtes wat ons gister, eergister en die dag daarvoor gehad het. Jou gedagtes moet egter elke dag vernuwe word (sien Romeine 12:2). Jy kan nie aanhou om dieselfde dinge te dink en dan ‘n ander uitkoms of uitkyk verwag nie. Wat is dan die antwoord? Neem ‘n leeringesteldheid aan! ‘Stel wysheid voorop, dan sal dit vir jou aansien gee. Stel dit hoog op prys en dit sal aan jou eer gee. Dit sal jou kroon met voorspoed…’ (Spreuke 4:8-9 NLV). 2) Slegs 12 persent van ons gedagtes is op die toekoms gefokus. Geloof is egter per definisie toekomsgerig. ‘…geloof… is ‘n vaste versekering dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad sal gebeur’ (Hebreërs 11:1 NLV). 3) Navorsing het bevind dat die gemiddelde persoon 46,9 persent van hul wakker ure bestee om aan iets anders as waarmee hulle tans besig is, te dink. Dwalende gedagtes is dikwels ongelukkige gedagtes. Natuurlik is die mees voor die hand liggende rede daarvoor die digitale toestelle wat ons konstant gebruik. Niks verdof ons vermoë om te droom meer as ons sogenaamde slimfone nie! 4) Die Cleveland Clinic skat dat 80 persent van ons gedagtes negatief is. Dis 48 000 negatiewe gedagtes per dag! Wanneer ons dan daardie gedagtes verbaliseer, vererger dit die probleem. Wat is dan die antwoord? ‘…julle moet altyd dink aan die dinge wat waar is, wat mooi is, wat reg is, wat rein is, wat pragtig en goed is. Ja, julle moet dink aan alles wat mooi is, alles waarop ‘n mens trots kan wees’ (ABA).
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min