Woord vir Vandag - 26 Aug 2026

Loading player...
“...Ons neem ook elke gedagte gevange…” 2 Korintiërs 10:5 NLV
‘Gryp die gedagte en gooi dit in die asblik’
Max Lucado het geskryf: ‘’n Ruk terug het ‘n ma my gevra om vir haar agtjarige seun te bid. Hy is gedurig deur beelde en skrikwekkende visioene geteister wat hom teruggetrokke en skugter gelaat het. Dit het selfs sy slaap beïnvloed. Die dag wat ons ontmoet het, het sy oë vol trane geskiet en hy het aan sy ma vasgeklou. Sy het hom na dokters toe geneem, maar niks het gehelp nie. Ek het vir hom gesê dat die duiwel geen gesag oor sy lewe het nie. Dat die ware geveg in sy gedagtes gevoer moet word. Dat God ons sal help om elke gedagte gevange te neem. Ek het hom aangespoor om ‘n Bybelvers te memoriseer en dit elke keer wanneer die vreesaanjaende gedagtes by hom opkom, aan te haal. ‘Steek jou hand uit,’ het ek hom aangemoedig, ‘en gryp die gedagte en gooi dit in die asblik. Vervang dit dan dadelik met ‘n vers uit die Skrif.’ Ons het hom toe met olie gesalf en vir hom gebid. Vyf dae later het sy ma laat weet dat hy groot vordering gemaak het. ‘Sedert verlede week is die beelde weg; hy sien hulle nie meer nie. Hy sê elke aand hierdie Skrifgedeelte uit Psalm 25:5 (NLV) op: ‘Lei my deur u waarheid en leer my, want U, o God, is my redder…’ Ek glo dit het hom nader aan Christus gebring. Hy gebruik die strategie om die vreesaanjaende gedagtes in die asblik weg te gooi. Hy sê toe hy eers probeer het om die gedagtes weg te gooi, het dit sy kop seergemaak. Ek het gevra: ‘Hoe het hulle dan weggegaan?’ Hy het geglimlag en gesê: ‘God het hulle laat weggaan.’’ Die woord vir jou vandag is dus: ‘Gryp dit en gooi dit in die asblik.’
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min