Woord vir Vandag - 25 Aug 2026

Loading player...
“Daarom moet julle… vir mekaar bid sodat julle gesond kan word…” Jakobus 5:16 NLV
Gebed maak die wêreld se verskil
Die kardioloog dr Randolph Byrd, wat ‘n christen was, het baie daarin belang gestel om te weet of gebed ‘n ‘wetenskaplik meetbare’ impak op genesing het. Hy het gesê: ‘Na baie gebed het die idee van hoe om dit te meet by my opgekom.’ Oor ‘n tydperk van tien maande het ‘n rekenaar 393 pasiënte in die kardiologiese sorgeenheid by die San Francisco Algemene Hospitaal aan een van twee groepe toegewys. Gebedsgroepe het vir die eerste groep gebid. Die tweede groep is nie voor gebid nie. Die gebedsgroepe het uit verskeie Christelike denominasies bestaan. Hulle het slegs die voorname van die pasiënte en kort beskrywings van hul diagnose en toestand gekry. Daar is elke dag vir hulle gebid. Die pasiënte waarvoor gebid is, het op die volgende maniere van dié waarvoor nie gebid is nie, verskil: 1) Hulle was vyf keer minder geneig om antibiotika nodig te kry. 2) Hulle was drie keer minder geneig om vloeistof in die longe te ontwikkel. 3) Nie een van hulle moes aan ‘n ventilator gekoppel word nie. 4) Minder van hulle het gesterf. As dit ‘n nuwe middel of prosedure was wat bestudeer is, sou hierdie as ‘n deurbraak beskou geword het. Selfs dr William Nolan, die skrywer van ‘n boek wat geloofsgenesing veroordeel, het gesê: ‘Dit klink asof hierdie studie ondersoek moet word. Miskien behoort ons dokters op ons voorskrifte te skryf: ‘Bid drie keer per dag.’’ Ons lees in die Ou Testament: ‘’Ek sal jou gesond maak en jou wonde genees,’ sê die Here…’ (Jeremia 30:17 NLV). Jakobus skryf in die Nuwe Testament: ‘En ‘n gelowige gebed sal die siek mens gesond laat word; die Here sal hom laat opstaan… Daarom moet julle… vir mekaar bid sodat julle gesond kan word’ (Jakobus 5:15-16 NLV).
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min