Woord vir Vandag - 24 Aug 2026

Loading player...
“Sal twee mense saam op reis gaan sonder om eers af te spreek om dit te doen?” Amos 3:3 NLV
Stel finansiële grense
Dit is geen geheim dat die meerderheid huwelike deesdae weens finansiële probleme misluk nie. Ander verhoudings kan ook bedreig word wanneer ons nie ‘n lening terug betaal of ons finansiële verantwoordelikhede nakom nie. Die volgende drie strategieë sal help om hierdie slaggate te vermy: 1) Besluit saam met jou eggenoot die maksimum bedrag wat elkeen van julle sonder die ander se toestemming mag spandeer. Enige bedrag bo hierdie limiet sal volledige instemming vereis. Elke paartjie definieer ‘n ‘groot’ aankoop anders, afhangende van hul huishoudelike inkomste - hou dus by julle besluit. Dit is belangrik. As julle nie oor ‘n transaksie saamstem nie, sal julle geneig wees om vinger te wys indien die transaksie skeefloop. 2) Lig julle familie in dat persoonlike lenings teen julle beleid is. Indien jy besluit om ‘n uitsondering te maak, maak seker dat jou eggenoot ten volle saamstem. As jy wys is, sal jy die voorwaardes en spertye van die lening op skrif stel. 3) Moenie jou kind, eggenoot of enigiemand anders in staat stel om onverantwoordelik te lewe deur hom of haar finansieel by te staan of altyd hul veiligheidsnet te wees nie. Sê net nee. Wanneer jy nie nee sê nie, word een van God se effektiefste beginsels ondermyn – deur die gevolge van hulle onverantwoordelike finansiële gedrag te ontduik. Ware volwassenheid vind plaas wanneer hierdie les geleer word. Liefde moet soms streng wees! Dring byvoorbeeld aan dat jou volwasse kind wat steeds in die huis bly, sy of haar huurgeld moet betaal. Dit demonstreer karakterbouende liefde, wat ware liefde is. As jy finansiële grense moet stel, doen dit!
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min