Woord vir Vandag - 23 Aug 2026

Loading player...
“Gaan dan… Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het…” Matteus 28:19-20 NLV
‘History is His story’
Die woorde wat Jesus gespreek het, het die wêreld vir altyd verander. Sy laaste instruksie aan sy dissipels was die volgende: ‘…God het die volle mag oor hemel en aarde aan My toevertrou. Gaan dan, maak al die nasies my dissipels… Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het…’ (verse 18-20 NLV). Jesus se volgelinge het dit ernstig opgeneem: ‘En elke dag het hulle aangehou om mense in die tempel en van huis tot huis te onderrig en die Goeie Nuus te preek dat Jesus die Messias is’ (Handelinge 5:42 NLV). Hulle het onthou dat hulle ‘n man gevolg het wat almal geleer het en wat hulle beveel het om al die volke te leer. Hulle het begin om beide mans en vroue en beide slawe en vrymense, te leer. Van die wêreld se grootste onderwysinstellings is deur volgelinge van Christus gestig. Oxford en Cambridge Universiteite is in die dertiende eeu gestig. (Die leuse van Oxford Universiteit kom uit Psalm 27:1: ‘Die Here is my lig.’) George Marsden het opgemerk: ‘Dis merkwaardig dat die Puriteine binne ses jaar nadat hul in die wildernis van Massachusett geland het, ‘n leerskool begin het wat kort daarna ‘n gerespekteerde kollege sou word.’ Hierdie woorde kom uit ‘n studentehandboek van daardie kollege: ‘Laat elke student duidelik onderrig en ernstig aangespoor word dat die hoofdoel van sy lewe en studies sal wees om God en Jesus Christus te ken, wat die ewige lewe is (sien Johannes 17:3), en om Christus as die enigste fondament van alle gesonde kennis en leer te beskou.’ Dit was Harvard Universiteit! 92 persent van die eerste 138 kolleges en universiteite wat in Amerika gestig is, is deur volgelinge van Christus begin. Sy woorde gee nie net kennis nie; dit transformeer ons ook.
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min