Woord vir Vandag - 22 Aug 2026

Loading player...
“Dit is tog die Here wat wysheid gee…” Spreuke 2:6 NLV
Bid vir wysheid
Hier is Paulus se gebed vir die kerk in Efese: ‘…dat die God van ons Here Jesus Christus…aan julle geestelike wysheid en insig sal gee…’ (Efesiërs 1:17 NLV). Vir die kerk in Kolosse het hy gevra dat God ‘…geestelike wysheid en insig aan julle sal gee sodat julle heeltemal seker sal wees van wat Hy wil hê’ (Kolossense 1:9 NLV). Jakobus het geskryf: ‘Vra vir God as jy nie kan agterkom wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee. Maar, as ‘n mens bid, moet jy die vertroue hê dat God sal antwoord…’ (Jakobus 1:5-6 NLV). Hoe kan jy weet dat die wysheid waarin jy wandel, van God af kom? ‘Maar as ‘n mens leef soos God dit in sy wysheid bedoel het, sal jou lewe heeltemal anders lyk. Dit sal ‘n lewe wees waarop die sonde geen houvas het nie. So iemand sal in vrede met ander mense saamleef…’ (Jakobus 3:17 DB). Toe die jong Salomo die troon van Israel bestyg het, het God hom gevra: ‘…Wat wil jy hê?..’ (1 Konings 3:5 NLV). Salomo het geantwoord: ‘’Gee my tog die vermoë om met verstandigheid en regverdigheid oor u volk te regeer…’ Die Here was tevrede met Salomo se antwoord…’ (1 Konings 3:9-10 NLV). Salomo het bekendheid as een van die wysste manne wat ooit geleef het, verwerf en hy het drie van die boeke in die Bybel geskryf. Die God wat vir hom wysheid gegee het, sal dit ook vir jou gee. Al wat jy hoef te doen is om daarvoor te bid en jou hart en verstand vir sy Woord oop te maak.
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min