Woord vir Vandag - 18 Aug 2026

Loading player...
“Here, U alleen kan my gesond maak…” Jeremia 17:14 NLV
Bid en glo God vir genesing
Dr A. B. Simpson, stigter van die Christian and Missionary Alliance, is deur swak gesondheid geteister. Twee senuwee-ineenstortings en ‘n hartkwaal het daartoe gelei dat ‘n dokter hom - op agt-en-dertigjarige ouderdom - meegedeel het dat hy nie veertig sou word nie. Die diagnose was nie vir Simpson ‘n verrassing nie. Dit was vir hom ‘n foltering om te preek; selfs die klim van ‘n effense hoogte het hom asemloos gelaat. In desperaatheid het hy hom na sy Bybel gewend om uit te vind wat Jesus oor siekte sê en hy het oortuig geraak dat Jesus hom wou genees. Kort daarna het hy ‘n entjie in die platteland gaan stap. Toe hy by ‘n dennebos kom, het hy op ‘n stomp gaan sit om te rus en te bid. Hy het Christus gevra om sy fisiese lewe te seën sodat hy sy lewenstaak kon voltooi. Hy het later gesê: ‘Elke vesel in my het getintel van die bewustheid van God se teenwoordigheid. Van daardie oomblik af het ek letterlik ‘n nuwe hart gehad.’ Hy het in die volgende drie jaar 3 000 preke gelewer en soms twintig vergaderings per week bygewoon. Hy het ‘n produktiewe skrywer geword wie se boeke steeds die wêreld seën. Hy is uiteindelik oorlede - op die ouderdom van ses-en-sewentig. In die Bybel het Jeremia gebid: ‘Here, U alleen kan my gesond maak…’ Dawid het gesê: ‘Here my God, ek het na U geroep om hulp en U het my gesond gemaak. Here, U het my gered van die doderyk…’ (Psalm 30:3-4 NLV). Jesaja het gesê: ‘…U het my gesondheid teruggegee en my toegelaat om te lewe!’ (Jesaja 38:16 NLV). Bid dus en glo God vir genesing.
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min