Woord vir Vandag - 17 Aug 2026

Loading player...
“Ons is medewerkers in diens van God…” 1 Korintiërs 3:9 AFR83
‘n Gees van samewerking
Sodra jy die feit aanvaar dat jy vir jou eie sukses saad saai wanneer jy ander mense ondersteun, sal ‘n gees van samewerking jou norm word. Neem die geval van Paulus en Apollos. Sommige van die Christene in Korinte het gevoel dat hulle kant moes kies oor watter een om te volg - ten spyte van die feit dat hulle dieselfde evangelie verkondig het. Paulus het hulle aangespreek oor hul vleeslike gesindhede. ‘As een van julle sê: ‘Ek is vir Paulus,’ en ‘n ander: ‘Ek is vir Apollos,’ is julle dan nie nog wêrelds nie? Wat is Apollos dan? Wat is Paulus? Hulle is maar net dienaars deur wie julle tot geloof gekom het, en elkeen doen die werk soos die Here dit vir hom gegee het. Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het. Dit gaan dus nie om die een wat plant of die een wat natgooi nie, maar om God wat laat groei… Ons is medewerkers in diens van God… (1 Korintiërs 3:4-9 AFR83). Sommige predikante maak neerhalende opmerkings oor ander bedieninge in ‘n poging om iemand anders se lig te verdoof sodat hul eie lig helderder kan skyn. Dit skrik beide gelowiges en ongelowiges af. Paulus se primêre doelwit was om die evangelie te versprei en hy wou seker maak dat geen predikant verhinder word om dit te doen nie. In sy brief aan Titus het hy gelowiges aangemoedig om Apollos hul volle ondersteuning te gee: ‘Doen jou uiterste bes om… Apollos met hulle reis te help…’ (Titus 3:13 NLV). So ‘n versoek kan slegs uit ‘n geruste hart kom. Die woord vir jou vandag is dus: jy moet ‘n gees van samewerking hê.
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min