Woord vir Vandag - 16 Aug 2026

Loading player...
“…die koningsheerskappy van God is hier by julle.” Lukas 17:21 NLV
Verstaan God se koningsheerskappy
God se koningsheerskappy is toekomstig, ewig en hemels. Wanneer Christus terugkeer om sy koninkryk op aarde te vestig, sal die volgende profesie vervul word: ‘...Die koninklike heerskappy oor die wêreld behoort nou aan ons Here en sy Christus, en Hy sal as koning heers vir altyd’ (Openbaring 11:15 NLV). Wat ‘n glorieryke dag sal dit nie vir al God se verloste kinders wees nie. Tot dit egter plaasvind, sê Jesus: ‘...die koningsheerskappy van God is hier by julle.’ Dit beteken dat jy as ‘n wedergebore gelowige wat in hierdie wêreld leef, geroep is om te demonstreer wat dit beteken om onder die heerskappy van die Koning van konings en die Here van heersers te leef. Winston Churchill het geskerts: ‘Democracy is the worst form of government, except for all those other forms that have been tried.’ Alle menslike regerings is gebrekkig en uiteindelik bestem om te misluk, omdat dit uit gebrekkige mense bestaan. Dus, as burgers van die koninkryk van God, word ons geroep om die ‘lig’ te wees wat die duisternis verlig en onkunde verdryf, en die ‘sout’ te wees wat die lewens van diegene met wie ons in aanraking kom, geurig maak, reinig, genees en verryk (sien Matteus 5:13-14). Ons word geroep om die beginsels van God se koninkryk op die markplein van die lewe uit te oefen. Of jy nou in die onderwys, vervoer, medisyne, politiek, landbou, verkope, of vervaardiging werk, jy word geroep om die voordele van ‘n lewe onder die heerskappy van Christus en deur die leiding van sy inwonende Heilige Gees, te demonstreer. ‘....Die koninklike heerskappy oor die wêreld behoort nou aan ons Here en sy Christus...’ Wanneer Christus terugkeer, sal hierdie belofte ten volle vervul word. Tot dan, het Jesus gesê: ‘...Gaan doen besigheid daarmee totdat ek terugkom’ (Lukas 19:13 NLV).
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min