Woord vir Vandag - 13 Aug 2026

Loading player...
“Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!” Psalm 62:6 AFR53
Evalueer jou verwagtinge
Ons almal het verwagtinge van ander mense. Baie keer is ons dalk nie heeltemal bewus van ons verwagtinge nie, of ons druk dit nie duidelik uit nie, of ons erken nie dat dit onrealisties is nie. Daarom kan dit ons baie frustreer. Mislukte verwagtinge sal altyd stres veroorsaak. Ongelukkig is sommige van die skadelikste verwagtinge dié wat ons van onsself het. ‘Ek behoort drie kinders groot te maak, elke aand aandete op die tafel te hê, tien uur per dag te werk en perfek te lyk wanneer my man deur die deur stap.’ Maak ‘n lys van jou belangrikste verwagtinge. Begin met die belangrikste mense in jou lewe en maak dan ‘n lys van jou belangrikste verwagtinge van elke persoon. Probeer objektief wees of dit realisties is of nie. Maak seker dat jy die oorsprong of kernrede vir ‘n verwagting verstaan. Het jy hierdie verwagtinge duidelik gemaak? Indien nie, hoekom nie? Vrees jy verwerping? Wat is die ergste wat kan gebeur? Is jy bereid om oor sommige van jou verwagtinge te onderhandel? Daar kan gevalle wees waar jy sekere verwagtinge moet uitskakel om jou eie vrede te bewaar. Die Psalmdigter het geskryf: ‘Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!’ Dit beteken dat jy dalk minder van mense en meer van God sal moet verwag. Moenie jouself blootstel om in frustrasie te lewe nie. Bring jou verwagtinge voor God en laat Hy hulle beoordeel. Laat Hy die onrealistiese uitskakel en jou die moed gee om dié wat gekommunikeer moet word, uit te druk. Vertrou God om die harte van diegene wat betrokke is, te beïnvloed sodat jou verwagtinge nie ‘n bron van frustrasie vir jou of hulle word nie.
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min