Woord vir Vandag - 12 Aug 2026

Loading player...
“Sorg liewer dat julle steeds groei in die onverdiende goedheid en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus…” 2 Petrus 3:18 NLV
Sleutels tot geestelike groei
Hoe kan jy geestelik groei? Deur die volgende vyf dinge te doen: 1) Herontdek die Bybel. Jy sal nooit geestelik groei sonder om jou gedagtes in die Skrif te verdiep nie. Toe Jesus vir die duiwel gesê het: ‘…’n Mens het meer as brood nodig om van te lewe. Wat jy eintlik nodig het, is om te leef van elke woord uit God se mond’ (Matteus 4:4 NLV), het Hy ‘n vers uit Deuteronomium aangehaal wat Hy gememoriseer het. As Jesus die Skrif nodig gehad het, het jy dit ook nodig. 2) Hervat jou gebedslewe. Charles Spurgeon het gesê: ‘Net soos jy nie kan verwag dat ‘n plant sonder lug en water moet groei nie, so kan jy nie verwag dat jou hart sonder gebed en geloof moet groei nie.’ Wanneer jy begin bid dat God bonatuurlik in jou lewe moet optree, sal jy wonderwerke begin sien gebeur. 3) Skakel weer met God se mense. ‘Laat ons voortdurend aandag gee aan mekaar – oor hoe ons mekaar kan aanspoor tot ‘n meer kragdadige beoefening van liefde en goeie dade… Kom ons moedig mekaar aan...’ (Hebreërs 10:24-25 NLV). 4) Weerstaan jou sondige gewoontes. ‘Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie; ander ondervind dit ook. God is getrou. Hy sal keer dat die versoeking te sterk vir julle word. Midde-in die versoeking sal Hy vir ‘n uitweg sorg sodat julle kan volhou’ (1 Korintiërs 10:13 NLV). Kies altyd God se ‘uitweg.’ 5) Belê in ander. God het ‘n plek vir jou gereed gemaak om te dien en in mense te belê. Maak ‘n kwaliteitsbesluit dat jy nie net in die kerk gaan sit en die een preek na die ander gaan luister nie; maar dat jy gaan begin optree volgens wat jy geleer het.
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min