Woord vir Vandag - 11 Aug 2026

Loading player...
“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV
‘Deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan’
Tydens die Koreaanse Oorlog is ‘n Suid-Koreaanse burger deur die kommuniste in hegtenis geneem. Toe die jong kommunistiese leier uitvind dat hy die hoof van ‘n weeshuis is, het hy egter besluit om sy lewe te spaar. In plaas daarvan het hy beveel dat die man se seun tereggestel moet word. Die negentienjarige seun is in die teenwoordigheid van sy vader geskiet. Na die oorlog is die jong kommunistiese leier deur die Verenigde Nasies gevange geneem en ter dood veroordeel. Voordat die vonnis egter voltrek kon word, het die Christen wie se seun doodgemaak is, vir die lewe van die moordenaar gepleit. ‘Gee hom vir my,’ het die man gevra, ‘en ek sal hom oplei.’ Hoe ongewoon dit ook al was, het die Verenigde Nasies sy versoek toegestaan en die vader het sy seun se moordenaar in sy eie huis ingeneem en vir hom gesorg. Deur aan die liefde van God blootgestel te word, het daardie jong kommunistiese leier ‘n Christen en uiteindelik die pastoor van ‘n kerk geword. Is jy al seergemaak, verraai of onregverdig behandel? In plaas daarvan om in woede terug te veg, hanteer dit Skriftuurlik: ‘Moenie vir enigiemand kwaad met kwaad terugbetaal nie… julle moet julleself nie wreek nie. Laat die straf aan God oor. Daar staan mos in die Skrif: ‘Dit is mý reg om te straf; Ek sal vergeld, sê die Here’… Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan’ (Romeine 12:17, 19, 21 NLV).
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min