Woord vir Vandag - 10 Aug 2026

Loading player...
“…God se koningsheerskappy is soos ‘n mosterdsaad wat iemand in sy tuin geplant het.” Matteus 13:31 NLV
God het vir jou saad gegee om te saai
Jesus het gesê: ‘…God se koningsheerskappy is soos ‘n mosterdsaad wat iemand in sy tuin geplant het. Dit is die kleinste van alle saadsoorte, maar as dit groei, word dit groter as al die ander plante in die tuin. Dit word so ‘n groot boom dat die voëls in sy takke kan kom nesmaak’ (verse 31-32 NLV). ‘n Mosterdsaad is slegs twee millimeter in deursnee en kom in drie primêre kleure voor: geel, swart en wit. Binne daardie merkwaardige saad is vitamien A, B6, B12, C, E en K. Dit is ook ‘n bron van kalsium, yster, magnesium, fosfor, kalium, natrium en sink. Dit het anti-inflammatoriese en anti-kanker eienskappe. Jesus het daarop gewys dat wanneer dit geplant word, dit groei om een van die grootste bome in die tuin te word, wat die voëls van die hemel seën deur hulle van ‘n tuiste te voorsien. Paulus het geskryf: ‘God wat saad voorsien aan die saaier en dan brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat toeneem en die vrugte van julle goedhartigheid lieflik laat groei’ (2 Korintiërs 9:10 NLV). Aan wie gee God ‘saad’? Aan saaiers, nie aan opgaarders nie! Wat doen God met jou saad wanneer jy dit saai? Hy vermeerder dit! Die saad wat jy saai kan in die vorm van tyd, diens, wysheid, geld, deernis, ens. wees. God belowe dat wanneer jy saai, jy sy seën sal oes. ‘En God is in staat om aan julle elke gawe in oorvloed te gee sodat julle in elke opsig genoeg kan hê én ook nog oorvloedig kan wees in elke goeie werk’ (2 Korintiërs 9:8 NLV). God het vir jou saad gegee - saai dit!
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min