Woord vir Vandag - 9 Aug

Loading player...
“Die Here verafsku mense wat hulle woord breek. Hy hou van mense wat by hulle woord staan.” Spreuke 12:22 NLV
Praat die waarheid
Rosalie Elliot het die vierde rondte van ‘n nasionale spelkompetisie in Washington DC, gehaal. Die elfjarige van Suid-Carolina is gevra om die woord ‘avowal’ te spel. In haar sagte suidelike aksent het sy die woord gespel, maar die beoordelaars kon nie besluit of sy ‘n a of ‘n e as die voorlaaste letter gebruik het nie. Hulle het vir ‘n paar minute onder mekaar gedebatteer terwyl hulle na die opname geluister het, maar die aksent was te vaag om te ontsyfer. Uiteindelik het die hoofbeoordelaar die vraag aan die enigste persoon wat die antwoord geken het, gestel. ‘Was die letter ‘n a, of was dit ‘n e?’ het hy vir Rosalie gevra. Teen hierdie tyd, omring deur die ander jong deelnemers wat onder mekaar gefluister het, het Rosalie die korrekte spelling van die woord geken. Tog het sy sonder aarseling geantwoord dat sy die woord verkeerd gespel het en van die verhoog af geloop. Die hele gehoor, insluitend sowat vyftig koerantverslaggewers, het opgestaan en haar toegejuig. Dit was ‘n trotse oomblik vir haar ouers. Selfs in die nederlaag was sy ‘n oorwinnaar. Daar is inderdaad meer oor Rosalie Elliot as oor die kind wat die kompetisie op die ou einde gewen het, geskryf! As ‘n verloste kind van God, vereis jou hemelse Vader eerlikheid in woord en daad. ‘Die waarheid hou vir altyd; die leuen kom gou aan die lig’ (Spreuke 12:19 NLV). ‘Moenie vir mekaar lieg nie. Julle het mos die vorige mens en sy leefstyl soos klere uitgetrek’ (Kolossense 3:9 NLV). ‘Gevolglik moet julle ophou leuens vertel en die waarheid teenoor mekaar praat. Ons is tog lede van dieselfde liggaam’ (Efesiërs 4:25 NLV).
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min