Woord vir Vandag - 8 Aug 2026

Loading player...
“’n Verstandige mens hou homself in bedwang…” Spreuke 19:11 NLV
Hoe om woede vir jou te laat werk (2)
Woede maak baie van ons bang, omdat ons al daardeur skade gely het. Woede kan egter ‘n bewys wees dat ‘n persoon vir iemand of iets omgee. Wanneer julle woede afskakel, elimineer dit julle passie, intimiteit en liefde. Hier is twee maniere om woede vir jou te laat werk: 1) Rig jou woede op die regte teiken. Jou eggenoot is nie die vyand nie; Satan is. Hy kom ‘…om te steel, dood te maak en te vernietig’ (Johannes 10:10 NLV). Hy is die een wat probeer om ‘n wig tussen julle in te dryf. Verskuif bewustelik jou fokus van jou eggenoot na die probleem toe. Word byvoorbeeld kwaad vir jou gebrek aan finansies, nie vir jou eggenoot se besteding nie. Word kwaad vir eise wat julle in verskillende rigtings trek, nie vir jou eggenoot wat laat by die werk bly nie. Word kwaad vir die beperkings op intimiteit, nie vir jou eggenoot wat nee vir seks nie sê nie. Plaas die probleem apart van jou en jou eggenoot. Sien julleself as ‘n span wat die probleem saam beveg. Val die probleem aan, nie mekaar nie. 2) Identifiseer die oorsprong. Vind die pyn wat die woede veroorsaak. Soek daarna in jou en jou eggenoot se harte. Watter behoefte word nie vervul nie? Watter wond is blootgelê? Watter skaamte of vrees word opgewek? Wanneer jy die pyn identifiseer, sal jy myle nader aan die oplossing wees. Wees egter versigtig! Deur kwesbaar te wees, kan julle mekaar soms seermaak; erken dit en vergewe mekaar vinnig wanneer dit gebeur. Om by mekaar betrokke te bly wanneer julle kwesbaar is, sal die vlak van julle intimiteit soos niks anders kan nie, verhoog. Omarm dus woede as God se geskenk en leer hoe om dit vir jou te laat werk.
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min