Woord vir Vandag - 7 Aug 2026

Loading player...
“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV
Hoe om woede vir jou te laat werk (1)
Jy kan woede gebruik om die band en intimiteit tussen jou en jou eggenoot te verdiep. ‘n Mens doen dit as volg: 1) Erken die woede. ‘n Persoon wat deur woede beheer word, is nie veilig, gesond of wys nie. ‘Iemand wat homself nie in bedwang kan hou nie, is soos ‘n stad sonder ‘n muur wat beskerming bied’ (Spreuke 25:28 NLV). As jy en jou eggenoot kan leer om woede te beheer, in plaas daarvan om deur dit beheer te word, kan dit van onskatbare waarde wees. Vind ‘n manier om julle gevoelens te erken. As jy sukkel om jou woede te beheer, neem eers ‘n tree terug en word kalm. Kom dan terug en hanteer die probleem. 2) Moenie weghardloop nie. As jy werklik in gevaar is, moet jy na veiligheid vlug. As jy egter nie in gevaar is nie, sal jy julle beide se gevoelens bevestig deur te bly en die probleem met jou eggenoot te bespreek. Dis die enigste manier om ‘n oplossing te kry. Besluit om julle kwessies te hanteer wanneer julle kwaad raak. Julle moet dalk ‘n tyd afspreek om dit te doen as julle nie dadelik kan nie, maar moenie te lank wag nie. Probeer ten minste om die probleem aan te spreek voor julle daardie aand gaan slaap. Julle mag dalk nie ‘n oplossing vir die hele probleem vind nie, maar kom ooreen om die situasie te ontlont voor die dag verby is. ‘…Moenie tot die aand toe kwaad bly, en die duiwel so ‘n houvas gee nie’ (Efesiërs 4:26-27 NLV). Indien nodig, maak ‘n tyd vas om die probleem aan te spreek. Julle verdien dit albei, en julle huwelik is dit werd.
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min