Woord vir Vandag - 6 Aug 2026

Loading player...
Die lewendmaking van die Heilige Gees
Die Bybel is bedoel om oor gebid, gemediteer en uitgeleef te word. Die sleutel daartoe is die lewendmaking van die Heilige Gees. ‘Julle weet baie goed dat God Jesus uit die dood laat opstaan het. Daarom is dit vanselfsprekend dat Hy wat nou deur sy Gees in julle bly, eendag ook elkeen van julle se sterflike liggaam met die hulp van sy Gees lewend sal maak’ (Romeine 8:11 DB). In hierdie geval verwys ‘lewendmaking’ na ons liggaamlike opstanding uit die dood. Die Heilige Gees maak ons egter op meer as een manier lewend. Soms is dit ‘n Godgegewe idee wat deur ons sinapse vuur. Soms is dit ‘n aansporing om in geloof op te tree, in te tree of uit te tree. Soms is dit ‘n woord van wysheid in ‘n moeilike situasie. Die woord ‘lewendmaking’ kan na verskillende dinge verwys. Kom ons kyk na drie daarvan: 1) Om lewend te maak, beteken om te kataliseer. Dink aan ‘n chemiese reaksie. Hebreërs 4:12 sê dat die Woord vol lewenskrag en energie is. Dieselfde Gees wat die skrywers van die Skrif geïnspireer het, inspireer jou ook terwyl jy dit lees. Wanneer die Lewende Woord deur geloof gekataliseer word, vind ‘n bonatuurlike reaksie plaas wat sonde vergewe, vrees verlig, siekte genees, idees inspireer en drome laat waar word. 2) Om lewend te maak beteken om eienaarskap oor te dra. Deur geloof neem ons eienaarskap van die Woord en die Woord neem eienaarskap van ons. Wanneer die Woord lewend gemaak word, beklink dit die ooreenkoms. 3) Om lewend te maak beteken ook om swanger te raak. Wanneer die Woord verwek word, bevrug dit jou met moontlikhede, verander dit jou begeertes, roei dit jou vrese uit en vorm dit Christus se denke in jou.
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min