Woord vir Vandag - 5 Aug 2026

Loading player...
“…ek is die aanvoerder van die hemelse leër. Ek is nou hier vir julle...” Josua 5:14 NLV
Jy is nie alleen nie, God is by jou!
Die Bybel sê: ‘Josua was in die omgewing van Jerigo toe hy skielik ‘n man voor hom sien staan met ‘n swaard in sy hand. Josua het na hom toe gegaan en vir hom gevra: ‘Is jy ons vriend of ons vyand?’ ‘Nie een nie,’ sê die man, ‘ek is die aanvoerder van die hemelse leër. Ek is nou hier vir julle.’ Josua het op die grond neergeval in aanbidding. Hy vra vir die man: ‘Wat wil Meneer vir sy dienaar sê?’ Die leëraanvoerder van die Here se mag sê toe vir Josua: ‘Trek uit jou skoene. Jy staan op ‘n heilige plek.’ Josua het so gemaak’ (verse 13-15 NLV). Die boodskap hier is onmiskenbaar: Jerigo mag dalk sy mure hê, maar jy, Josua, het meer. Jy het God. Hy is by jou. Is dit nie presies wat jy nodig het nie - om te weet dat God naby is, dat jy nooit alleen is nie en dat die Here jou in jou donkerste uur, in jou diepste vrae, nooit sal verlaat nie? Dawid het gesê: ‘Here, U alleen is my erfenis, my beker van seën. U waarborg my lotsbestemming… Ek prys die Here wat my insig gee… Die Here is altyd by my. Ja, Hy is aan my regterhand, daarom sal ek nie struikel nie. Hieroor is my hart vol vreugde. Ek besing sy lof en rus in veiligheid’ (Psalm 16:5-9 NLV). Staan jy voor ‘n uitdaging van Jerigo- proporsies? Doen dan wat Josua gedoen het: ‘En toe Josua by Jerigo was, slaan hy sy oë op en kyk… daar staan ‘n man teenoor hom met sy ontblote swaard in sy hand…’ (Josua 5:13 KAB23). Jy het lank genoeg na die probleem gekyk. Slaan nou jou oë op na die probleemoplosser - Jesus!
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min