Woord vir Vandag - 3 Aug 2026

Loading player...
“Sy merk dat haar koopware goed is…” Spreuke 31:18 KAB
Wat jy het, is goed
Kom ons kyk na vier bevrydende waarhede in hierdie Skrifgedeelte: 1) ‘Sy merk dat haar koopware goed is…’ Sy soek nie bevestiging of goedkeuring van haar handelsware nie. Wanneer jy onseker is oor dit wat jy het en dit nie waardeer nie, kan ander mense jou dalk oortuig dat dit nie veel werd is nie. Hierdie vrou, soos ons almal, verlang na aanvaarding en bevestiging, maar sy sal dit nie soek of haarself verwyt as sy dit nie kry nie. 2) ‘Sy merk dat haar koopware goed is…’ Sy verstaan en waardeer dit wat sy na die tafel toe bring. Sy sal nie aan die waarde daarvan twyfel nie; sy sal dit ook nie nodig vind om oor die kwaliteit van haar handelsware te spog nie. Sy sal nie haar neus in trots optrek nie en sy sal ook nie haar oë in valse nederigheid neerslaan nie. Sy het eenvoudig ‘n gebalanseerde en gesonde siening van haar ware. 3) ‘Sy merk dat haar koopware goed is…’ Hier is iemand wat nie deur die goedere van ander handelaars geïntimideer word of onnodig daaroor bekommerd is nie. Gevolglik bestee sy nie haar energie om te vergelyk en mee te ding nie. 4) ‘Sy merk dat haar koopware goed is…’ Sy haak nie vas in die verlede en dink aan die goeie goedere wat sy voorheen gehad het nie. Sy wag ook nie tot haar koopware perfek is voor sy haar doelwit begin nastreef nie. Sy tree eenvoudig in geloof op, nadat sy die beste gedoen het wat sy kon. Haar koopware is goed; môre is in God se hande. Angs het geen plek in haar lewe nie. Die woord vir jou vandag is dus - wat jy het, is goed!
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min