Woord vir Vandag - 2 Aug 2026

Loading player...
“…Moet Ek dan self saamgaan sodat jou hart kan rus?” Eksodus 33:14 NLV
Ervaar elke dag God se teenwoordigheid
Nicholas Herman was ‘n kok in ‘n klooster. Hy was bekommerd of hy werklik gered was of nie. Eendag, terwyl hy na ‘n boom gekyk het, het hy die waarheid van die Psalmdigter se woorde besef - dat dit in iets anders en dieper as homself gewortel moes wees (sien Psalm 1:1-3). Daardie dag het hy besluit om sy lewe ‘n eksperiment te maak in wat hy ‘n ‘voortdurende stille, geheime gesprek van die siel met God,’ genoem het. Hy is vandag onder die nuwe naam wat sy vriende hom gegee het, bekend: Broer Lawrence. Hy het sy hele lewe lank onbekend gebly en die res van sy dae in die kloosterkombuis deurgebring. Die mense rondom hom het egter gevind dat riviere van lewende water uit hom gevloei het, wat hulle laat begeer het om God ook te ken soos hy Hom geken het. ‘Die goeie broer het God oral gevind,’ het een van hulle geskryf, ‘net soveel wanneer hy gekook het, as wat hy saam met die gemeenskap gebid het.’ Nadat Broer Lawrence gesterf het, het sy vriende ‘n boek van sy briewe en gesprekke saamgestel. Dit word Die Beoefening van God se Teenwoordigheid genoem en word as een van die mees geleesde boeke van die afgelope vier eeue beskou. Hierdie kok se boek het baie gewilde kontemporêre romanskrywers oortref, en sy boek is steeds op topverkoperlyste. Broer Lawrence het gesê: ‘Die heiligste en noodsaaklikste praktyk in ons geestelike lewe is die teenwoordigheid van God. Dit beteken om voortdurend bevrediging in sy goddelike geselskap te vind, nederig en liefdevol met Hom in alle seisoene, in elke oomblik te praat, sonder om die gesprek op enige manier te beperk.’
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min