
Madlanga-kommissie: Getuie N getuig in camera
Loading player...
Die Madlanga-kommissie het Getuie N in camera-getuienis toegestaan om haar identiteit te beskerm. Getuienisleier Mahlape Sello sê sy is deel van die polisie se taakspan vir politieke moorde wat sake by die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap ondersoek. Sy sê om haar identiteit te openbaar kan die ondersoek sowel as kollegas in gevaar stel. Sello sê die getuienis sal nie geredigeer word nie, maar haar naam en fotos moet weerhou word, sonder om haar stem te verander:

