Kankergevalle vermeerder, meer beleggings in sorg nodig

Loading player...
In Namibië word daar nou jaarliks 4 205 nuwe kankerdiagnoses aangeteken, 'n aansienlike toename vergeleke met die ongeveer 3 700 jaarlikse gevalle wat voorheen gerapporteer is. Met 'n voorkomssyfer van 202,2 per 100 000, is Namibië een van die Afrika-lande met die hoogste voorkoms van kanker. Dit is volgens die pas vrygestelde GloboCan 2024-ramings. Kosmos 94.1 Nuus het met die Kankervereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen gepraat.
10 Jul 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bly kalm, hand-, voet- en mondsiekte nie soos BKS

Die gesondheidsministerie doen 'n beroep op die publiek om kalm te bly ná berigte oor hand-, voet- en mondsiekte op Rehoboth, wat 19 kinders raak. Die ministerie sê alle aangemelde gevalle is stabiel en waarsku terselfdertyd teen verkeerde inligting, die sluiting van skole en onnodige paniek. Die ministerie se woordvoerder,…
16 Oct 10AM 1 min

Duitse volksmoord-mosies sal moeilik slaag: kenner

Reaksie word ontvang op die Duitse parlement wat debat gevoer het oor die volksmoord op die OvaHerero- en Nama-volke. Dit was na twee aparte opposisie-mosies van die Linkse Party, wat herstelbetalings vir die afstammelinge van die slagoffers eis, en die Greens wat vra dat kulturele artefakte en menslike oorskot aan…
16 Oct 10AM 1 min

Solidariteitsveldtog vir Kuba kort nog N$3,6 miljoen

Die Nasionale Solidariteitsveldtog het 3 miljoen Namibiese dollar ingesamel om mediese voorrade en sonkragpakkette vir Kubaanse gesondheidsentrums aan te skaf. Die veldtogvoorsitter, Helmut Angula, het aangekondig dat fondsinsameling tot November sal voortduur om die oorblywende 3,6 miljoen dollar in te samel wat nodig is om 140 kubieke voet sonkragpakkette te…
16 Oct 10AM 1 min

Madlanga-kommissie juig oor Suliman Carrim-arrestasie

Die Madlanga-kommissie verwelkom die inhegtenisneming van die sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng. Hy het in Maart voor die kommissie verskyn, maar daaropvolgende verskynings misgeloop om mediese redes. Woordvoerder Jeremy Michaels sê Carrim is aangekla nadat hy versuim het om op 14 Augustus…
16 Oct 9AM 1 min

Regering 'moet BKS-verbod op jagtrofee-uitvoere heroorweeg'

Die professionele jagter Jofie Lamprecht sê grootwildjag en die uitvoer van die trofeë dra tussen 250 miljoen en 300 miljoen Namibiese dollar tot die land se ekonomie by. Hy sê dit is daarom belangrik dat die regering sy besluit om die uitvoer van grootwildtrofeë te verbied, dringend heroorweeg om te…
16 Oct 9AM 1 min