Die polisie het in die afgelope twee weke tydens landwye operasies byna 25-duisend verdagtes in hegtenis geneem. Dit is deel van die inisiatief vir 'n veiliger feestyd. Onder die gearresteerdes is twee-duisend-680 verdagtes wat gesoek is in verband met ernstige en gewelddadige misdade. Die polisie het ook beslag gelê op…
Voorsitter van die Erongo-streeksraad, Lazarus Kanelombe, doen 'n beroep op mynmaatskappye om 'n groter rol in landelike ontwikkeling te speel. Hy het Maandag tydens 'n vergadering met mynmaatskappye in Swakopmund gesê gemeenskappe het steeds groot uitdagings met toegang tot skoon water, behuising en ekonomiese bemagtiging. Kanelombe het onder meer volhoubare…
Die jaarlikse Rough & Tough Rally bereik eerskomende Saterdag sy einde ná ’n uitdagende roete van sowat 1 000 kilometer deur Damaraland. Die byeenkoms bring klassieke motor-entoesiaste bymekaar, met die doel om fondse vir die Kankervereniging van Namibië in te samel. Die vereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen:
Met maksimum temperature van 31 grade in Windhoek, 34 in Ondangwa en 39 in Keetmanshoop, kan Namibiërs vandag ook op 'n bietjie reën en verligting van die hitte hoop. Weerkenner George van der Merwe sê vroeë somer-donderbuie word oor sentraal-, noordelike en noordoostelike Namibië verwag, met moontlik swaar neerslae wat…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê sommige amptenare van die gesondheidsministerie word deur die Teenkorrupsiekommissie ondersoek te midde van voortslepende medisyne tekorte by staatshospitale en klinieke. Sy het tydens 'n dorpsvergadering in Swakopmund gesê ander amptenare is intussen na ander poste oorgeplaas terwyl probleme in die medisyneverskaffingsketting ondersoek word. Nandi-Ndaitwah bevraagteken waarom…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.