
Meer padveiligheidsveldtogte nodig
Loading player...
'n Man het Dinsdag met geringe beserings daarvan afgekom nadat sy voertuig van 'n brug op die Westelike Verbypad gery en op die pad daaronder geval het. Beeldmateriaal van die ongeluk is wyd op sosiale media gedeel. Tydens 'n vorige onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Horst Heimstadt, uitvoerende hoof van die Namibiese Padveiligheidsforum, beklemtoon dat padveiligheidsveldtogte nie net tydens die Kersseisoen gehou moet word nie.

