
Inheemse kennis se rol in bewaring in die kollig
Loading player...
Namibië loods môre sy publikasie "National Outlook on Indigenous and Local Knowledge of Biodiversity" om inheemse kennis formeel in nasionale bewaringsraamwerke te integreer. Kosmos 94.1 Nuus het met Kombada Mhopjeni, die landprogrambeampte vir Natuurwetenskap by Unesco gepraat, wat sê die publikasie evalueer die huidige stand van inheemse kennis en beklemtoon die noodsaaklike rol daarvan in die aanspreek van omgewingsuitdagings.

