
Savanna Beef-aandeelprys styg weens goeie aanvraag
Loading player...
Savanna Beef-aandele verhandel stewig op die Namibiese Sekuriteitebeurs teen een Namibiese dollar en sewentien sent per aandeel, 'n styging vanaf sowat 1 dollar en 5 sent aan die begin van Junie. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus se medestigter Romé Mostert gepraat, wat sê die onlangse styging, gerugsteun deur 32 000 aandele wat verhandel is, weerspieël versterkende beleggersvertroue namate die maatskappy sy moderne uitvoerslagpale in Okahandja opgradeer.

