
SA munisipaliteite moet skuldplanne maak: Tesourie
Loading player...
Die Nasionale Tesourie sê munisipaliteite moet eers ooreenkomste oor volhoubare betalingsplanne met hul skuldeisers bereik voordat teruggehoue fondse vrygestel word. Gister is aangekondig befondsing aan 69 munisipaliteite sal tydelik teruggehou word weens oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur. Ogalaletseng Gaarekwe van die Tesourie het vanoggend op 'n nuuskonferensie gesê die reëlings sal munisipaliteite help om hul finansiële verpligtinge na te kom, basiese dienslewering handhaaf en finansiële bestuur verbeter:

