
DA sê voldoende toilette by skole is 'n reg, nie 'n doelwit nie
Loading player...
Die DA doen ʼn beroep op alle provinsiale onderwysdepartemente om dringend skole wat nog sanitasieprobleme het, te identifiseer en duidelike planne en tydlyne te verskaf oor hoe hulle dit gaan hanteer. Dit volg nadat die Departement van Basiese Onderwys al 3 372 sanitasieprojekte by skole afgehandel het wat in die 2018-oudit oor sanitasie geïdentifiseer is. Desiree van der Walt van die DA sê veilige toilette moes nooit beskou word as ʼn ambisieuse beleidsdoelwit nie, maar is die minste wat elke kind verdien:

