
Dagga-aktiviste op hete kole, uitspraak môre verwag
Loading player...
Daar is nog geen uitsluitsel in die Grondwetlike dagga saak deur aktiviste Brian Jaftha en Borro Ndungula nie. Uitspraak was Maandag verwag maar regter Claudia Claasen het die indiening van verdere dokumente geëis. Die staat het 'n aansoek vir 'n spesiale pleit gedoen om die saak van die rol te skrap, omdat hulle meen dit is 'n beleidskwessie en nie 'n regskwessie nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Jaftha gepraat wat sê hulle verwag môre 'n antwoord.

