
GRN se energiebesteding onder die loep
Loading player...
Globale energiebesteding is op koers om vanjaar 3,4 triljoen Amerikaanse dollar te bereik, volgens 'n verslag van die Internasionale Energie-agentskap. Ongeveer 2,2 triljoen dollar hiervan sal aangewend word vir kragnetwerke, berging, brandstowwe met lae emissies, kernenergie, hernubare energie, doeltreffendheid en elektrifisering. Net sowat 1,2 triljoen dollar gaan na olie, aardgas en steenkool. Kosmos 94.1 Nuus het met energiekenner Harald Schütt gepraat om uit te vind of Namibië op die regte pad is met kernkrag- en olieplanne.

