
Los eerder wilde sampioene uit
Loading player...
Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en Welstand waarsku inwoners om nie wilde sampioene te eet nie. Dit volg na 'n toename in dodelike gevalle van sampioenvergiftiging. Die departement sê selfs een byt van 'n Duiwelsbrood-sampioen kan lewerversaking en die dood veroorsaak. Die direkteur van Gifstowwe by Tygerberg, Carine Marks, raai enigiemand wat 'n wilde sampioen geëet het aan om onmiddellik mediese hulp te soek, selfs al het hulle geen simptome nie:

