
Werkloosheid hoog onder Landbou- en Onderwys-graduandi
Loading player...
Werkloosheid onder gegradueerdes is 'n groot probleem in die land. Die Nasionale Raad se Staande Komitee oor Onderwys het die sektore ondersoek wat die meeste werklose gegradueerdes oplewer. Landbou-graduandi ervaar meer werkloosheid, gevolg deur onderwys. Die adjunk-uitvoerende direkteur van die Nasionale Raad vir Hoër Onderwys, dr. Sylvia Demas, het gepraat by konsultasiesessies in Otjiwarongo.

