
Sport: GRN het 23 jaar gehad vir stigting van sportontwikkelingsfonds
Loading player...
Die regering kom onder skoot na die sportministerie in 'n interne skrywe op 15 Junie belanghebbendes ingelig het hy geen versoeke vir finansiële ondersteuning kan oorweeg nie, as gevolg van geldtekorte. Sport is een van president Netumbo Nandi-Ndaitwah se pilare en sy het 6,9 miljard Namibiese dollar daaraan belowe. Vervoer is moontlik solank die betrokke liggaam sy eie bestuurder voorsien. Sportkommentator, Isack Hamata het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die kwessie.

