
Hoekom is erkende misdadiger Mazzotti nie vervolg nie?
Loading player...
Tax Justice South Africa vra die Nasionale Vervolgingsgesag om te verduidelik hoekom die sakeman Adriano Mazzotti nooit strafregtelik vervolg is nie. Dit is ondanks sy beweerde erkenning dat hy met tabak gesmokkel, belasting ontduik en pogings aangewend het om amptenare van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens om te koop. Die organisasie se stigter, Yusuf Ambramjee, sê dit versterk kommer dat georganiseerde misdaad van binne afdelings van die strafregstelsel beskerm word:

