
Reuse veldbrand woed suid van Outjo
Loading player...
'n Reuse veldbrand woed op die oomblik in die omgewing suid van Outjo. Die brand het Saterdag ontstaan en het versprei met sommige dele wat uiters moeilik bereikbaar is. Een van die boere in die gebied, Paul Oosthuizen is besig om voorbrande te maak en het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

