
CoW gee duidelikheid oor Khomas Ratepayers se uitnodiging
Loading player...
Stad Windhoek het 'n uitnodiging wat deur die Khomas Ratepayers Association aan alle inwoners gerig is, as misleidend bestempel. Die uitnodiging is na wat die vereniging 'n kritieke vergadering met die volle raad genoem het, wat vir Woensdag, 1 Julie geskeduleer is. Stad Windhoek het egter 'n dringende openbare kennisgewing uitgereik om die saak reg te stel. Kosmos 94.1 Nuus het met die Stad se woordvoerder, Harold Akwenye gepraat.

