Boere by Outjo stoei met 5de veldbrand

Loading player...
'n Veldbrand het Woensdag 80 km noordwes van Outjo, by die Louterwaterplaas ontstaan. Dit het intussen versprei na naburige plase en groot skade is aangeteken. Volgens inligting, is dit die vyfde vuur in die afgelope maande in dieselfde omgewing weens nalatigheid. Kosmos 94.1 Nuus verstaan ook dat dit meestal hervestigingsplase en by opkomende boere is waar die brande ontstaan. Die nuusspan het met Piet Gouws, 'n boer in die omgewing gepraat wat meer inligting het.
26 Jun 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Drank- en dwelmduiwel listig in Windhoek

Die Copps 94.1-span moes Vrydagaand in Windhoek behoorlik bontstaan met die drank- en dwelmduiwel wat amok gesaai het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was soos altyd op sy pos en doen verslag van die toneel:
17 Oct 12AM 1 min

Carrim 'wou sonder retoerkaartjie na Dubai vlieg'

Die sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, het in die landdroshof in Pretoria verskyn op 'n aanklag dat hy versuim het om ingevolge 'n dagvaarding voor die Madlanga-kommissie te verskyn. Hy is Donderdagaand op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng in hegtenis geneem voordat hy op 'n vlug na Dubai…
16 Oct 11AM 1 min

Stygende vleispryse kan publiek na alternatiewe dwing: kundige

Vleispryse het met 15 persent in 'n enkele maand gestyg soos insetkoste die hoogte inskiet vir verwerkers wat worstel met die bek-en-klouseer uitbreking. Landbou-ontleder Wallie Roux sê dat verbruikers tans aan die kortste ent trek, aangesien bederfbare voorraad in pakhuise lê, wat kopers dwing om moontlik na alternatiewe proteïenbronne oor…
16 Oct 11AM 1 min