Woord vir Vandag - 28 Julie 2026

Loading player...
“…Hy het ons in ons verhouding met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.” Efesiërs 2:10 NLV
Jy moet weet wie jy is
‘n Boer het eenkeer ‘n jong arend gevang, hom huis toe gebring en tussen sy hoenders en kalkoene grootgemaak. Vyf jaar later het ‘n natuurkenner hom kom besoek en die voël gesien. ‘Dis 'n arend, nie ‘n hoender nie!’ het hy gesê. ‘Ja,’ het die boer gesê, ‘maar ek het hom grootgemaak om ‘n hoender te wees.’ Die natuurkenner het gesê: ‘Hy het ‘n vlerkspan van vyftien voet. Dis ‘n arend!’ Die boer het geantwoord: ‘Maar hy sal nooit vlieg nie.’ Die natuurkenner het nie saamgestem nie en hulle het besluit om hul argument op die proef te stel. Eers het die natuurkenner die arend opgetel en gesê: ‘Jy is ‘n arend; jy hoort in die lug en nie op hierdie aarde nie; strek jou vlerke uit en vlieg.’ Die arend het die hoenders onder hom gesien en afgespring. Die volgende dag het die natuurkenner die arend na die bokant van die huis geneem, dieselfde ding gesê en die arend laat gaan. Weer eens het hy die hoenders onder op die werf gewaar en afgefladder om by hulle aan te sluit om te eet. ‘Nog een probeerslag,’ het die natuurkenner gesê. Hy het die arend teen ‘n berg opgeneem. Die bewerige voël het rondgekyk en toe het die natuurkenner dit in die son laat kyk. Toe die natuurkenner weer vir die voël sy ware identiteit vertel het, het die arend skielik sy vlerke uitgestrek, ‘n magtige krys gegee en weggevlieg om nooit weer terug te keer nie. Jy moet weet wie God jou geskep en geroep het om te wees. Dit vind in die regte omgewing, tussen die regte geselskap en met die regte insette, plaas. ‘…Hy het ons in ons verhouding met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.’
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min