Woord vir Vandag - 26 Julie 2026

Loading player...
“Die Here bepaal ‘n mens se lewe. Hoe kan ‘n mens verstaan wat met hom moet gebeur?’ Spreuke 20:24 NLV
God het verskillende maniere om jou daar te kry
Marian wou ‘n konsertsangeres word, ‘n uitdaging wat twee keer so moeilik as gevolg van haar velkleur was. Haar ma het egter ‘n geduldige vertroue in God gehad. Marian het later gesê: ‘Ma het geglo dat sy dit wat reg is vir haar sal ontvang, mits sy pligsgetrou in haar geloof is. As sy iets nie ontvang het nie, was dit omdat God dit nie as reg vir haar beskou het nie. Ons het in hierdie atmosfeer van geloof wat sy geskep het grootgeword. Ons het geglo soos sy, want ons wou dieselfde soort hawe in storms hê.’ Toe Marian toelating tot ‘n bekende musiekkonservatorium weens haar ras geweier is, het haar ma gesê dat iemand oor haar pad sou kom om haar te help om dit wat sy by die konservatorium wou doen, te bereik. Daardie iemand het ‘n paar weke later opgedaag. Een van Philadelphia se vooraanstaande sangonderwysers, Giuseppe Boghetti, het plek vir haar om een van sy studente te word, gemaak. Marian Anderson was op pad om een van die gewildste sangers van die twintigste eeu te word. Op Paassondag, 1939, het sy voor vyf-en-sewentigduisend mense by die Lincoln-gedenkteken gesing en ‘n optrede gelewer wat nooit deur die aanwesiges vergeet sou word nie. Salomo het hierdie twee dinge oor God se leidende hand in ons lewens gesê: 1) ‘Die Here bepaal ‘n mens se lewe. Hoe kan ‘n mens verstaan wat met hom moet gebeur?’ 2) ‘Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys’ (Spreuke 3:5-6 NLV).
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min