Woord vir Vandag - 24 Julie 2026

Loading player...
“…wanneer die Raadgewer, die Heilige Gees, kom… sal Hy julle in alle opsigte onderrig…” Johannes 14:26 NLV
Jy benodig meer van die Heilige Gees (1)
Jesus het gesê: ‘…wanneer die Raadgewer, die Heilige Gees, kom… sal Hy julle in alle opsigte onderrig en julle ook herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.’ Wanneer jy ‘n belangrike besluit moet neem, het jy ‘…geestelike wysheid en insig…’ (Efesiërs 1:17 NLV), nodig. Wanneer jy in ‘n moeilike situasie is en onseker is oor wat om te sê: ‘…Sê maar net wat God in daardie uur vir julle sal gee om te sê. Julle sal wel die woorde uitspreek, maar eintlik is dit die Heilige Gees wat deur julle praat’ (Markus 13:11 NLV). Wanneer jy dit moeilik vind om liefde te betoon? ‘Maar as die Gees ons lewe beheer, is die gevolg: liefde…’ (Galasiërs 5:22 NLV). Dieselfde geld vir elke vrug van die Gees. Moet jy ‘n verslawing oorkom? ‘Maar as die Gees ons lewe beheer, is die gevolg… selfbeheersing…’ (verse 22-23 NLV). Selfbeheersing is eintlik ‘n oksimoron, want dit kom nie van jouself af nie. Dis die Gees wat dit voorsien, dus is dit eintlik Geesbeheersing. Jy het meer van die Heilige Gees nodig. Die Gees van God wil jou nie net vul nie; Hy wil jou ook uitdaag en jou kapasiteit vergroot. As jy voel of jou lewe vandag in chaos en wanorde is, is die Gees van God - net soos Hy aan die begin van die skepping was toe Hy lig uit die duisternis, orde uit chaos en skoonheid uit niks voortgebring het (sien Genesis 1:1-3), steeds daar. Maak nie saak watter vraag jy het nie, die Heilige Gees is die antwoord. Maak nie saak watter probleem jy in die gesig staar nie, die Heilige Gees is die oplossing. Jy het soveel as moontlik van Hom nodig, dus moet jy soveel as moontlik van jouself aan Hom oorgee.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min